Geskryf deur: Danielle Kleyn
Hoeveel van hierdie feite het jy geweet?
- Die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad is die oudste gebou in Suid-Afrika en is tussen 1666 en 1679 gebou.
- Die Gautengse provinsie is Suid-Afrika se kleinste provinsie, maar is verantwoordelik vir 34% van Suid-Afrika se BBP.
- JRR Tolkien, die skrywer van die bekende Lord of the Rings-boeke, is in Bloemfontein gebore.
- Die Bloukransbrug in die Wes-Kaap (216 m) spog met die wêreld se hoogste kommersiële reksprongplek.
- Suid-Afrika het 10 UNESCO-wêrelderfenisgebiede, naamlik die iSimangaliso-vleilandpark, Robbeneiland, die Wieg van die Mensdom, die uKhahlamba-Drakensbergpark, Mapungubwe, die Vredefortkoepel, die Richtersveld-kulturele landskap, die Khomani-kulturele landskap, die Maloti-Drakensbergpark en die Kaapse Fynbosstreek.
- Tafelberg is een van die oudste berge ter wêreld.
- Die 850 km lange pad deur die Kaapse Wynlande is die wêreld se grootste wynroete.
- Die wêreld se grootste diamant is in die Premiermyn gevind en het “Cullinan” geheet. Die diamant is vernoem na die eienaar van dié myn.
- Sutherland in die Karoo huisves een van die wêreld se drie grootste teleskope.
- Daar word gesê dat Johannesburg, met sy ongeveer ses miljoen bome, die wêreld se grootste mensgemaakte woud is.