Geskryf deur: Danielle Kleyn.
Dit is soms moeilik om te besluit watter geskenk jy vir iemand wil koop. Met hierdie lys van dinge wat jy vir jou pa kan koop vir Vadersdag, word geskenke koop baie makliker.
1. 'n Leertabaksakkie
Die tabaksakkies kan leeg of gevul gekoop word. Die gevulde opsie sluit ‘n pyp, tabak (nie tydens die grendeltydperk nie), vuurhoutjies, pypskoonmakers en ‘n tabakstopper in.
Koste: R280 leeg, R460 gevul.
KLIK HIER om te bestel.
2. 'n T-hempintekening
Republk stuur elke maand, vir 'n periode van 3, 6 of 12 maande vir jou pa 'n Republk-t-hemp. Elke aflewering is 'n verrassing! Jy kan enige tyd jou intekening beëindig. Hoe langer die intekening waarvoor jy inteken, hoe goedkoper is die t-hemp elke maand.
Koste: R280-R299 per maand.
KLIK HIER om te bestel.
3. 'n Braairakkie
Hierdie houtbraairakkie bestaan uit een botteltjie speserye, een aansteker en drie houertjies vuuraanstekers (firelighters), elk met 'n unieke sêding daarop.
Die vuuraanstekers is reukloos, nie-giftig en bioafbreekbaar. Die houertjies waarin die vuuraanstekers verpak is, kan enige plek gebêre word. Perfek vir die spesiale man in jou lewe.
Koste: R250.
KLIK HIER om te bestel
4. Gepolariseerde sonbril
Die stylvolle houtbril is liggewig en propvol styl. Die sonbrille het gepolariseerde lense en word in 'n houtboksie verpak. Die bekende Republk-kenteken is op die bril se syarm gegraveer.
Koste: R690.
KLIK HIER om te bestel.
5. T-hempgeskenkpak
Spaar 10% met 'n geskenkpak wat 'n t-hemp en 'n kredietkaarthouer insluit! Kies tussen die "Klein Karoo"- of die "Ware Noord"-t-hemp. Jy kan verder tussen 'n lig- of donkerbruin kredietkaarthouer kies. Alles word dan netjies as 'n geskenkpak verpak, wat elke bestelling soos Kersfees sal laat voel!
* Let wel, die 3XL-grootte is slegs in die Klein Karoo-t-hemp beskikbaar.
Koste: R320.
KLIK HIER om te bestel.
6. Koffiegeskenkpak
Dié geskenkpak is vir koffieliefhebbers! Kry 'n bottel egte moerkoffiebone saam met 'n emaljekampbeker. Spaar R30 en koop vir jou geliefde die ideale geskenk! Dit word netjies verpak en jy kan ons laat weet as jy 'n persoonlike boodskap by die pakkie wil insluit!
Koste: R150.
KLIK HIER om te bestel.
7. Leer kredietkaarthouer
Republk se egteleer-kredietkaarthouer is ideaal vir die pa wat nie 'n lywige beursie wil saamdra nie. Die kredietkaarthouer het twee kaartgleuwe – perfek vir net die nodige kaarte. Beskikbaar in ligbruin en donkerbruin.
Koste: R75.
KLIK HIER om te bestel
8. Geskenkbewys by sy gunstelingwinkel
'n Geskenkbewys is altyd 'n veilige opsie as jy nie seker is wat om te koop nie. De Afrikander Handelshuis het ook geskenkbewyse wat by enige begroting pas.
Koste: R250 - R500
KLIK HIER vir 'n geskenkbewys by De Afrikander Handelshuis.
Of kyk by jou ander gunstelingwinkels.
9. Muntversameling 1932
‘n Egte muntversameling van munte wat vanaf 1923 in sirkulasie was. Daar is 10 munte in 'n pakkie.
Koste: R95 aanlyn.
KLIK HIER om te bestel.
10. Bekfluitjie
Hierdie bekfluitjie spog met 'n volgrootte van 32 gaatjies en is 130 mm lank en 26 mm breed. Dit is pragtig afgewerk en met 'n chroomlaag bedek. Dit is die perfekte geskenk vir 'n musikale pa!
Koste: R150.
Waar beskikbaar: De Afrikander Handelshuis.
Let wel dat alle bestellings by De Afrikander Handelshuis en Republk voor of op Dinsdag 16 Junie 2020 geplaas moet word om betyds vir Vadersdag aan te kom.