- Afrikaners het ’n bevolking van nagenoeg 3.5 miljoen, waarvan net onder 3 miljoen in Suid-Afrika woon en waar hulle 5% van die nasionale bevolking uitmaak.
- Volgens oorlewering was die eerste persoon wat na homself verwys het as ’n Afrikaner, Hendrik Bibouw wat in 1707 tydens ’n onderonsie met die Stellenboschse magistraat die woorde geuiter het “Ik ben een Afrikander!”. Dit was die eerste maal wat ’n persoon van Europese afkoms aktief begin assosieer het met Afrika en nie meer met Europa nie.
- Sowat ’n kwart van alle families met ’n gemiddelde maandelikse inkomste van R20 000 of meer is Afrikaans.
- Afrikaanssprekendes maak sowat ’n derde van die LSM-groep 9–10 uit. LSM-groep 9–10 is die top-leefstylkategorie in die land en is verantwoordelik vir sowat 43% van die totale besteding in die land.
- Sowat ’n derde van alle nuwe motorverkope in Suid-Afrika in 2015 was aan Afrikaanssprekendes.
- Afrikaanssprekendes is vyf keer meer geneig as die gemiddelde Suid-Afrikaner om in ’n aftreefonds of annuïteit te belê.
- Afrikaanssprekendes maak slegs 14% van die totale bevolking uit, maar het sowat ’n vyfde van die land se ekonomiese mag. Dit is sowat R 376.8 miljard per jaar. (AMPS2014 AB)
- Amper 90% van Afrikaanssprekendes het ’n bankrekening, in vergelyking met 66% van die totale bevolking. (AMPS 2014 AB)
- Afrikaanssprekendes is tegnologiegeoriënteerd en amper 60% besit ’n slimfoon, terwyl sowat 55% daagliks die internet gebruik. (AMPS DEC 2015)
- Die eerste persoon wat na homself verwys het as ’n ‘Afrikaner’ was Hendrik Biebouw, wat in 1707 in Stellenbosch verklaar het: “Ik ben een Afrikander”. Dit was ’n geskiedkundige oomblik toe Europeërs in Suid-Afrika hulle aktief met Afrika begin vereenselwig het, eerder as met hul land van herkoms.
- Die meeste Afrikaners stam af van Europeërs wat voor 1700 in Suid-Afrika aangekom het. Die herkoms van hul voorouers is soos volg verdeel:
- 67% Nederlands
- 17% Frans
- 14% Duits
- Skandinawies en Belgies 2%
12. Doktor Johannes Heese het in sy studie Die Herkoms van die Afrikaners bereken dat die etniese samestelling van Afrikaners soos volg is:
- 35.5% Nederlands
- 34.4% Duits
- 13.9% Frans
- 7.2% nie-Europees
- 2.6% Engels
- 2.8% ander Europese invloede
- 3.6% onbekend.
13. Ná die Anglo-Boereoorlog het verskeie Afrikaners Suid-Afrika verlaat. Tussen 1902 en 1908 het sowat 650 Afrikaners na Patagonië in Argentinië geïmmigreer. Nog ’n groep het in die 1930’s na Kenia geïmmigreer, en ’n derde groep het onder leiding van Ben Viljoen na Chihuahua in Noord-Meksiko en na Arizona, Kalifornië en Texas in Amerika verhuis.