5 Geskenkidees vir die feesseisoen

5 geskenkidees vir die feestyd

5 Geskenkidees vir die feesseisoen

Wanneer November aanbreek, begin die meeste van ons kreatief dink aan Kersgeskenke wat uniek is vir elkeen in die familie of vriendekring. Voor ons ons oë uitvee, is Kersfees net ’n week weg en daarna is ons al in die nuwe jaar! Dit sal beslis beter wees om nou al daardie geskenk vir iemand spesiaal te kry. 

 

  1. ’n Goeie Kersgeskenkidee vir die familie of naastes is die Kersfees-T-hemp  van Republk! Elke keer wat jy die hemp dra, sal jy weer in die gees van die feestyd kom – al is dit nie meer Desember nie. Om na die unieke hemp te loer, kliek hier: 
  2. ’n Boek is altyd ’n treffer as geskenk vir diegene wat in bepaalde onderwerpe belangstel. Die boek hoef nie dik of groot te wees nie, net geskik vir die persoon se unieke smaak. 
  3. Vir die koffieliefhebbers kan ’n spesiale koffiebeker gemaak of gekoop word. Wat natuurlik saam met die beker kan gaan, is goeie koffiebone en natuurlik goeie geselskap! 
  4. Teen Desember is die meeste van ons se sokkies al gedaan. Republk se unieke Sokkie Sokkies is daarom die perfekte geskenk.  Dit kan werk toe of na ’n spesiale geleentheid gedra word. Daar is ’n wye verskeidenheid Sokkie Sokkies. Elkeen kan ’n ander paar sokkies kry met ’n lekker sjokolade tussenin, want twee geskenke is beter as een! Loer hier na Republk se verskillende ontwerpe. 
  5. Mooi huisware vir pasgetroudes of vir vriende of familie wat in hul nuwe huis ingetrek het, sal ’n goeie geskenkidee wees. ’n Mooi stel glase en trots-Afrikaanse onderzetters is ’n treffer as geskenkidee. Koop nou.