Is jy verveeld dié vakansieseisoen? Is jy ’n natuur- en diereliefhebber, patrioties of bloot op soek na ’n dag vol pret en avontuur? Jy kan nie net dit alles by hierdie drie besienswaardighede vind nie, maar ook ons Republk T-hemde daar koop!
1. Die Voortrekkermonument:
Die Voortrekkermonument is in Pretoria geleë en staan binne ’n natuurreservaat. Gerhard Moerdijk het die monument op 13 Julie 1937 ontwerp ter nagedagtenis aan die Voortrekkers se Groot Trek vanaf die Kaapkolonie. Die Voortrekkermonument is in 1949 voltooi. Dit is nie net een van Gauteng se bekendste erfenisgebiede nie, maar konserte word ook gereeld in die reservaat gehou. Op 16 Desember van elke jaar word daar ook ’n Geloftefees op die terrein gehou, wat deur duisende mense bygewoon word. Die reservaat het ook piekniekterreine, restaurante en die grootste Afrikaanse toerismewinkel – die De Afrikander Handelhuis, waar jy produkte van hoë gehalte in Afrikaans kan vind.
2. Krugerwildtuin:
In die noordooste van Mpumalanga en Limpopo kan jy Suid-Afrika se grootste natuurreservaat vind. Die Krugerwildtuin is ongeveer 360 km lank en 65 km breed op sy breedste punt, met ’n oppervlakte van 1 948 825 hektaar. Die park word as een van die beste parke ter wêreld beskou en is die derde grootste nasionale park ter wêreld.
Wat die park uniek maak, is dat die ekosisteem so min as moontlik versteur word om gaste die gevoel van die ware Afrika-bosveld te gee. Die wildtuin het onder meer meer as 517 voëlspesies, 116 reptielspesies, 34 amfibiespesies en 49 visspesies. Jy kan ook die beroemde “Groot Vyf” hier in hul natuurlike habitat sien. Dagbesoekers kan die park saam met ’n toergids in ’n oop safarivoertuig besoek, of met hul eie voertuig daardeur ry. Daar is ook verblyf in die reservaat as jy meer as een dag hier wil deurbring. Onthou om die geskenkwinkels te besoek om ’n aandenking van die wildtuin asook Republk T-hemde te koop.
3. Johannesburgse Dieretuin
Van plaasdiere en die wildste wilde diere, soos die Bengaalse tier, tot kleinbreinotters en ’n akwarium wat jou asem sal wegslaan: die Johannesburgse Dieretuin is ’n moet-besoek! Jy kan nie net die mees unieke diere hier sien nie, maar gedurende die feesseisoen kan jy jou ook in ’n fantasiewêreld verloor! Die dieretuin word deur die hele Desembermaand van 19:00 tot 22:00 in ’n fees van ligte omskep. Daar is verskeie aktiwiteite en stalletjies. Kom besigtig ook op 24 Desember saam met jou familie die ‘Boom van Ligte’. Maak dan sommer ook ’n draai by die This is Africa-winkel, waar jy eg Suid-Afrikaanse produkte asook Republk T-hemde kan koop!