Father's Day - Celebrate a hero with these unique gifts

Vadersdag – Vier ’n held met hierdie unieke geskenke

Father's Day - Celebrate a hero with these unique gifts

Vadersdag is ’n dag waarop ons vaders, broers, ooms of enige ander belangrike manlike figuur in jou lewe eer. Ons vergeet dikwels die opofferings en bydraes van ons vaders. Vadersdag gee ons die geleentheid om ons liefde, bewondering en dankbaarheid teenoor hierdie spesiale mense uit te spreek. Op Vadersdag wys hierdie verdienstelike mans watter spesiale plek hulle in jou lewe het en watter invloed hulle op jou uitoefen.

Die idee van ’n spesiale dag om vaderskap te vier en te eer, is die eerste keer in die Verenigde State bekendgestel. In die VSA word Vadersdag sedert Junie 1910 gevier. Dit word elke jaar op die derde Sondag in Junie gevier, en dié tradisie het wêreldwyd gewild geword. Dit is ’n dag waarop ons trots is om die bydraes van ons vaders tot die samelewing te waardeer, asook al die opofferings wat hulle vir ons, hulle kinders, maak.

Ons sou nie sonder ons vaders in hierdie wêreld kon wees nie. Hulle sorg, liefde en inspirasie is iets wat ons baie waardeer. Wanneer dit kom by die betoon van jou liefde en waardering op Vadersdag, is die beste manier natuurlik om jou pa met ’n spesiale geskenk te bederf. Hier by Republk het ons dus ’n paar wonderlike idees om Vadersdag vanjaar ekstra spesiaal te maak:

Vadersdag-idee 1

’n Puik T-hemp met net die regte slagspreuk om die man wat dit dra te beskryf, sal enige pa se dag ophelder. Met ’n wye verskeidenheid hemde om van te kies, sal jy beslis die een kry wat perfek vir jou pa is.

Vadersdag-idee 2

Noudat die winter behoorlik hier is, is daar niks lekkerder as ’n warm drankie vroegoggend nie. Daarom is ons Republk Quencher die ideale geskenk vir ’n pa wat dit geniet om Saterdagoggende sy seun langs ’n ysige rugbyveld aan te moedig.

Vadersdag-idee 3

As jou pa voor sy jaarlikse Desembervakansie ’n paar deftige nuwe swembroeke wil kry, is ons Republk-“Baai en Braai”-broeke presies wat hy nodig het om sy dag te maak.

Vadersdag-idee 4

Laastens, wie hou nie van ’n paar sokkies wat jou aan jou gunstelingdier of peuselhappiehandelsmerk herinner nie? Wel, dit is presies wat ons unieke Republk-“sokkies” jou bied. Van Nik Naks- tot Zam-Buck-sokkies, en selfs sokkies met die Groot Vyf. Ons groot verskeidenheid sokkies is die ikoniese geskenk wat jou pa se voete warm sal hou en hom boonop ’n rede sal gee om sy voete te wys.

Al hierdie geskenke en nog vele meer kan aanlyn by www.republk.co.za of by enige van ons Handelshuis-winkels in Pretoria gekoop word.

Ons by Republk bring hulde aan al die wonderlike vaders wat die lewens van baie mense geraak het, of dit nou hul eie kinders, iemand anders se kinders, familielede, mense wat hulle gementor het, mense wat hulle afgerig het, of die wêreld in die algemeen is.

Dankie dat julle wonderlike vaders is! Ons waardeer dat julle deel van ons lewens is, asook die betekenisvolle en belangrike rol wat julle daarin gespeel het.

Gelukkige Vadersdag!