Geskenkidees vir dames

Geskenkidees vir dames

Geskenkidees vir dames
  • Danielle Kleyn

Maart is Internasionale Vrouemaand. Of jy nou op soek is na ’n geskenk vir die vrou in jou lewe se verjaarsdag, huweliksherdenking of sommer net om te sê dat jy haar waardeer—hier is geskenkidees vir enige geleentheid.

 

  1. Damesgeskenkboks

Jy spaar R275 wanneer jy hierdie geskenkboks koop. In hierdie geskenkboks propvol bederf sal jy die volgende ontvang:

1) Blommetjie Gedenk aan My T-hemp (S-2XL) beskikbaar.

2) Blommetjie Damesbuff/nekband

3) Blommetjie Gedenk aan My-emaljebeker.

4) Republk-dameshoed.

5) Hartjie my Liefie-onderzetter

6) GRATIS aflewering na enige plek in SA.

 Koop hier: https://www.republk.co.za/collections/dames/products/damesgeskenkboks

 

  1. Ysterberg-dameshorlosie

Die voordeel hiervan is dat sy nooit laat sal wees vir ’n afspraak met jou nie! Maar wees gewaarsku—hierdie horlosie is so mooi dat sy moontlik meer na haar arm as na jou sal kyk. Hierdie Ysterberg-horlosie is van hoë gehalte, sag op die oog en liggewig. Die horlosie is verpak in ’n egteleersakkie en pryk trots met die Republk-kenteken.

 Koop hier: https://www.republk.co.za/collections/dames/products/ysterbergdameshorlosie

 

  1. Katryn se Geheim-wonderolie

Watter vrou hou nie daarvan om ’n bietjie bederf te word nie? Katryn se Geheim-wonderolie is bederf in ’n bottel. Die perfekte kombinasie van natuurlike bestanddele. ’n Ligte lyfolie wat vinnig absorbeer, die vel hidreer en kan help om fyn lyntjies en tekens van veroudering te verminder.

 Koop hier: https://afrikander.com/product/wonderolie-bathbody/

 

  1. Ingrid Jonker-sonbril

Laat haar met nuwe oë na jou kyk! Die Ingrid Jonker-sonbril is ’n donkerhoutsonbril wat beslis koppe sal laat draai! Dit pas by enige gesigsvorm en ouderdom. Die ontwerp is eenvoudig maar vroulik. Jy kan ook laat weet of ons ’n spesiale boodskap saam met die pakkie moet stuur.

Koop hier: https://www.republk.co.za/collections/dames/products/022894d1-fd6c-11e7-e6e7-c0711383c46c

  1. Femke Kleisen-juweliersware

Wat ook al die vraag is, juweliersware is altyd die antwoord. Die Afrikander Handelshuis het ’n verskeidenheid juweliersware deur die bekende ontwerper Femke Kleisen onder een dak. Daar is iets vir diegene wat van ’n swaar ontwerp hou, asook hangertjies vir die vrou wat ’n kleiner ontwerp verkies. Die beste van alles? Dit kan na enige plek in die wêreld versend word.

Koop hier: https://afrikander.com/iets-wat-blink/