- Danielle Kleyn
Die spesiale mans in jou lewe verdien ‘n geskenk wat net so spesiaal is. Dit kan egter ‘n nagmerrie wees om die ideale geskenk te vind. Hier is ‘n paar unieke kersgeskenk-idees vir die sterker geslag:
1. Republk T-hemp-intekening
Weet jy hoe jy die gunsteling familielid kan word? Koop vir jou oom/man/seun/pa ‘n Republk T-hemp-intekening. Dit werk soos volg: Republk stuur elke maand, vir 'n periode van 3, 6 of 12 maande, vir jou 'n Republk T-hemp. Elke aflewering is 'n verrassing! Hoe langer die intekening wat jy uitneem, hoe goedkoper is jou T-hemp elke maand. Boonop kry jy gratis aflewering na enige plek in Suid-Afrika!
2. ‘n Bebaarde-man-bederfstel
Hierdie geskenk is vir die man wat praktiese geskenke geniet. Gee vir hom rede om met sy baard te spog. Jou geliefde sal soos ‘n regte adonis voel! Onderstaande baardstel bevat ‘n baardkam, baardolie, baardbalsem en ‘n baardborsel. Boonop word dit in ‘n oulike sakkie verpak sodat dit saamgeneem kan word met vakansie.
3. Republk-egteleernotaboek
‘n Notaboek is ‘n gepaste geskenk vir enige man, aangesien dit as ‘n dagboek, reisjoernaal of selfs resepteboek gebruik kan word. Die omslag kan afgehaal word wanneer die boek vol geskryf is en op ‘n nuwe boek gesit word – praat van ‘n geskenk wat oor en oor gebruik kan word! As die ontvanger ver woon, kan Republk die notaboek by sy huis aflewer met ‘n spesiale boodskap van jou af.
4. ‘n Braaistel
Dit is die perfekte geskenk vir die man wat reeds alles het. Die meeste Suid-Afrikaanse mans is op hul gelukkigste voor die braaivleisvuur. Koop dalk vir hom ‘n braaistel met al die toerusting en speserye wat hy vir sy volgende braai kan gebruik. Hierdie braaistel van Builders Warehouse bevat ’n braaitang, kerfvurk en ander handige braaitoerusting.
5. Moerkoffiebone
Moerkoffie is nie net kitskoffie nie; dis koffie met skop – ons oupagrootjies het tydens die oorlog teen die Britte in die veld patats en boomwortels uitgegrawe om ’n blikbeker boeretroos mee te brou. Die uniekheid van hierdie geskenk lê daarin dat dit op sy eie of as deel van ’n geskenk aan iemand gegee kan word.