Idees om jou kinders besig te hou!

Idees om jou kinders besig te hou!

Idees om jou kinders besig te hou!

Geskryf deur: Danielle Kleyn.

Hier is ons 4 beste maniere om kinders besig te hou wanneer die skool uit is – het jy ook idees? Laat weet ons by info@republk.co.za, dan deel ons dit ook met al ons volgelinge :)

1. Binnenshuise teater

Maak springmielies en kyk ’n fliek wat julle as gesin saam gekies het. Dit is veral ’n prettige tydverdryf vir bewolkte dae!

2. Huistakies

Talle ouers, insluitend die blogger Juanli Theron, het besluit om hul kinders ekstra te motiveer om huistakies te doen deur speelgeld te gebruik. Hulle het ’n huistaak aan ’n sekere bedrag speelgeld (soos dié wat in Monopoly gebruik word) gekoppel. Dit sal byvoorbeeld twee speelbanknote werd wees om die visse te voer. Die speelgeld kan dan later gebruik word om lekkers by die “snoepie” te koop. Met een speelbanknoot sal jy byvoorbeeld ’n pakkie skyfies kan koop. Op hierdie manier hou jy jou kleuters besig en leer hulle hoe om met geld te werk: ’n wen-wen-situasie.

3. Bordspeletjies

Haal al die ou gunstelinge soos Monopoly, Slangetjies en Leertjies en Scrabble van die rak af. Navorsing het bewys dat bordspeletjies kinders se taalvaardighede kan verbeter, hulle kan leer om geduldig te wees, in ’n span te werk en ’n goeie verloorder te wees. Loer gerus op www.afrikander.com vir Die Groot Trek-bordspeletjie!

4. Lees, lees, lees

Lees neem kinders nie net op ’n ontdekkingsreis nie, maar berei hulle ook voor vir hul akademiese loopbaan. As jou kind nog nie oud genoeg is om self te lees nie, kan jy altyd vir hulle voorlees. As julle nie fisiese boeke in die huis het nie, is daar gelukkig aanlynbronne met gratis kinderboeke, soos Storiewerf.co.za, wat leesstof vir kinders van verskillende ouderdomme bied.

Republk se leuse is “leef die avontuur” – en niks sê “avontuur” soos ’n huis vol kinders nie! Loer ook gerus in die Winkel na T-hemde vir tieners en babygrows vir die kleinspan.