Jan - hy was voor 1652 reeds hier

Jan – hy was reeds voor 1652 hier

Jan - hy was voor 1652 reeds hier

Jan van Riebeeck het in 1652 met ‘n vloot van vyf skepe ‘n halfwegstasie na die Ooste asook 'n Europese nedersetting aan die Suidpunt van Afrika kom vestig het. Van Riebeeck was eintlik al in 1648 die eerste keer in die Kaap toe hy as deel van ‘n retoervloot wat ‘n groepie skipbreukelinge van die Nieuw Haarlem kom haal het. Na van Riebeeck se terugkeer na Nederland het hy aan die Heeren XVII voorgestel dat ‘n halfwegstasie aan die Kaap gestig word om skepe van vars kos en water te verskaf.  In 1652 vestig hy die eerste permanente Europese nedersetting aan die Kaap.  

Nog feite oor Jan:

  • Jan van Riebeeck is op 21 April 1619 in Culemburg in Nederland gebore, daar is ook ander bronne  wat aandui dat hy op 21 April 1618 gebore is.

  • Sy pa was ‘n skeepsdokter en was weens sy werk min by die huis. Daar word oorvertel dat Jan by sy oupa, Govert Antooniszoon, grootgeword het na sy ma se dood.

  • Nadat hy sy skoolloopbaan voltooi het, het Van Riebeeck medies gestudeer deur ‘n vakleerlingskap by ‘n gerespekteerde dokter te doen.

  • In 1649 is hy in Schiedam, Nederland, met sy eerste vrou, Maria (nooiensvan De la Queillerie), getroud. Maria was die dogter van ‘n predikant in Rotterdam. Die paartjie het twee seuns, Lambertus en Antony, gehad voordat hulle na die Kaap vertrek het. Terwyl hulle aan die Kaap was, het die egpaar nog vyf kinders gehad.

  • Hy is op 10 Maart 1667 met sy tweede vrou, Maria Scipio, getroud. Soos sy eerste vrou was Maria Scipio ook die dogter van ‘n predikant. Die egpaar se seun, Joan van Riebeeck, is in 1670 gebore.

  • Jan van Riebeeck is op 18 Januarie 1677 in Batavia oorlede.