Rand Steam Sentrum - 'n Nasionale Erfenis

Rand Stoomsentrum – ’n Nasionale Erfenis

Rand Steam Sentrum - 'n Nasionale Erfenis

Geskryf deur: Madelein Lamb.

Republk Barbier het in Maart 2020 amptelik sy deure in die Rand Steam-sentrum in Richmond geopen. Dit is nie sommer enige sentrum nie, maar werklik ’n sentrum wat deel van ons erfenis is.

Het jy geweet dat die Rand Steam-sentrum die enigste winkelsentrum in Suid-Afrika is wat tot ’n erfenisgebied verklaar is?

Die sentrum in Richmond het in 1896 ontstaan toe ’n groep Zoeloemans, genaamd die “AmaWashas”, ’n klerewasbesigheid langs die “Gasworks Spruit” vir die mynbedryf begin het. In 1914 is die “AmaWashas” uit besigheid gedryf deur twee formele stoomwasserye, wat later Rand Steam geword het.

Die Rand Steam-wasserye se gewildheid het so ver gestrek dat hotelle regoor Suid-Afrika hulle wasgoed daarheen gestuur het om gestoom en gekleur te word. Nadat die wasserye in die vroeë 1960’s gesluit het, is die industriële gebou vir die volgende 40 jaar deur informele straatsmouse en vakmanne beset. Imperial Holdings het daarna die geboue in die 2000’s gekoop en onwettig afgebreek om plek vir motorhandelaars te maak. Die gemeenskap en die Erfenisstigting het tussenbeide getree, en die eiendom is tot op hede verwaarloos agtergelaat. Slegs gedeeltes van die oorspronklike geskiedkundige geboue het behoue gebly.

Die Moolman-groep het die sentrum oorgeneem en tot sy voormalige historiese glorie en karakter gerestoureer. Die oorblyfsels van die voormalige baksteengebou is steeds te sien, met die inskripsie: “Amawasha”. Hulle het suksesvol daarin geslaag om die erfenis te bewaar en ’n moderne, stedelike sentrum met siel te skep waar die verlede en hede mekaar ontmoet.

Republk Barbier dra by tot die voortsetting van die bewaring van oeroue tradisies—toe ’n snor nog aansien en ’n baard nog betekenis gehad het. Vier die tradisie van klassieke styl en neem jou manlikheid op ’n nuwe avontuur