Stokperdjies vir beginners - begin só (Deel 1)

Stokperdjies vir beginners – begin só (Deel 1)

Stokperdjies vir beginners - begin só (Deel 1)

Geskryf deur: Madelein Lamb.

Die Republk-leefstyl vereis dat jy jou vrye tyd met vreugde, familie en die natuur vul. Niemand het aan die einde van hul lewe gewens dat hulle meer tyd aan werk bestee het nie! Die eerste stap is om te leer om jou vrye tyd te bestee aan projekte wat jou meer vervulling bied as Netflix. Hier is dus vier opsies wat jy kan oorweeg:

BOU 'N LEGKAART

Legkaarte is goeie breinoefening en kan meer ontspannend wees as wat jy dink. Dis ook ideale gesinstyd!

TUINMAAK

Het jy 'n binne- of buitetuin? Probeer dan 'n boompie, vetplant of kruie plant. Plante is ’n natuurlike bron van suurstof en sal ook jou huis of stoep ophelder. Jy kan ook die sade van vrugte en groente wat jy tuis het, gebruik. Vir meer wenke, lees hier ons reeks oor tuinmaak!

VERF EN KREATIEWE PROJEKTE

Probeer jou kreatiewe sy deur aanlyn te leer skilder of teken met houtskool of kleurpotlode.  Dit is waarskynlik dinge wat jy op skool probeer het, maar waarvoor jy nie genoeg tyd gehad het nie – dis tyd om daardie herinneringe weer te laat herleef. Daar is baie eenvoudige wenke en instruksies vir kreatiewe tuisprojekte aanlyn wat jy tuis kan probeer.

LEES 'N BOEK

Lees 'n slaaptydstorie vir jou kinders of deel een met die gesin – dit kan 'n kalmerende manier wees om tyd saam deur te bring. Dalk ontdek jy dat jy self ’n boek wil skryf?

Lees is nie net lekker nie, maar hou ook baie voordele in. Dit kan jou help om jou taalvaardighede te ontwikkel en jou brein te verbeter. Dit is jou kans om, indien moontlik, 'n volledige reeks te lees. Soos Deon Meyer vir die meer konserwatiewe leser. Of vir Netflix se sepieslawe is daar die oorspronklike boeke van Lord of the Rings, Harry Potter, Game of Thrones en The Handmaid’s Tale.