Geskryf deur: Danielle Kleyn
Oom Paul, Sarel Cilliers en Adam Tas is slegs ‘n paar van die Suid-Afrikaanse historiese figure wat ‘n liefde vir pyprook gehad het. Oorsee was daar ook bekendes wat aanklank by pyprook gevind het, soos Albert Einstein. En wat sal ‘n pyproker dan sonder ‘n stylvolle tabaksak wees om hul tabakgereedskap in te bêre?
Die maak van tabaksakke
Tabaksakke word deesdae hoofsaaklik van leer en kunsleer gemaak, maar tabaksakke is ook al van slangvel, rooikatvel, haasvel en selfs meerkatvel gemaak. Die tabaksak is gemaak deur die binnekant van die vel met ’n sandklip glad te skuur. Die vel is dan noukeurig met die hand gebrei totdat dit sag was. Uiteindelik word die vel op ’n plank oopgespan en in die verlangde vorm gesny. Daar word ook ’n bandjie aan die tabaksak vasgewerk om dit toe te maak, maar wanneer rooikatvel gebruik is, is die vel só gesny dat die stert aangebly het sodat die tabaksak daarmee toegebind kon word.
Die woord "tabak"
Die woord “tabak” verwys na sowel tabakprodukte as die plant en het sy oorsprong in die Spaanse woord tabaco. Interessant: Daar is ’n aantal uitdrukkings wat met tabak te doen het, onder andere “Hy maak van sy kies ’n looikuil”, wat beteken dat hy tabak pruim, en “die pyp rook”, wat beteken dat iemand in iets slaag.
Koop jou eie tabaksak!
Klik hier om na Republk se eie handgemaakte tabaksak te loer! Republk se tabaksak is beskikbaar as gevul of ongevul. Die tabaksak het agt gleufies waarin jy jou tabakbenodigdhede kan bêre. Die gevulde opsie bevat ’n pyp, vuurhoutjies, ’n tabakstopper, tabak en pypskoonmakers.