Rosélle du Plessis het onlangs by Republk Barbier aangesluit. Sy sal tussen die Randsteam in Richmond, Jhb en die Jean Crossing-tak in Centurion beweeg.
In 2016 begin sy haar reis om ‘n haarkapper te word by La Louve Private Hair Academy in Pretoria, waar sy só goed vaar dat sy haar vakleerlingskap ook by bogenoemde instelling kon doen (’n massiewe eer omdat slegs die topstudente as vakleerlinge ingeneem word).
In November 2017 was Roselle een van ses finaliste in die Twincare “Hairstylist of the Year”-kompetisie. Sy voltooi in Desember 2017 haar praktiese ure as vakleerling en sluit voltyds by The Federation in Midrand aan as ’n stilis. In 2018 het sy haar internasionale kwalifiseringseksamen deur City and Guilds geslaag. Roselle vertel dat sy haar vereenselwig met die woorde van Leen en Bertus van Schorem dat barbierwerk ’n verlore kuns is. Die kuns is die rede waarom sy ’n barbier geword het. Rosélle vertel dat sy op haar gelukkigste is wanneer sy haar handewerk kan bewonder.
Republk Barbier is ’n trotse uitbreiding van die Republk-handelsnaam en uitgesoekte Republk-produkte is ook by Republk Barbier te koop.
Geskryf deur Danielle Kleyn