Die Republk-leefstyl is een waarin jy jouself kan wees, waar jy jou identiteit op jou mou dra en wat getuig van goeie gehalte en klassieke styl.
Republk-T-hemde en bykomstighede is vir die persoon wat hoendervleis kry wanneer hulle die Afrika-son sien sak, die een wat gehalte koop omdat dit ’n leeftyd moet hou en die een wat tyd saam met sy vriende om ’n oop vuur deurbring.
Republk beteken om deel te wees van ’n gemeenskap, ’n groep mense wat ideale en beginsels van harde werk deel. Waar jy ook al in die wêreld is, kan jy deel wees van dié kultuur!